Posts van 2015

110 of 34 items

Hartklop 29 Nov 2015

by Site Admin

Liewe Ligdraers, en so is die einde van die jaar op ons voorstoep en ek glo u almal wonder saam met my waar hierdie jaar heengegaan het. Soms voel dit of alles so vinnig gebeur het, maar toe ek ‘n oomblik gaan stilsit en nadink, besef ek daar was soveel oomblikke van genade, liefde, leer, […]

Hartklop 8 November 2015

by Site Admin

Liewe Ligdraers, hierdie Hartklop is weereens baie spesiaal met heelwat nuus, besluite van die kerkraad, foto’s en uitnodigings. Klink vir my soos ‘n gemeente wat LEEF! Wilhelm nooi u hierdie Sondag om saam met hom te kyk na Abraham en Sara se verhaal. Daar is heelwat meer om nog te leer daaruit. Die tema is: […]

Hartklop 25 Oktober 2015

by Site Admin

Liewe Feesgangers, hierdie naweek hou ons behoorlik fees en dans en juig saam met Vader God! Ons wil as familie in Christus kom dankie se vir al die seeninge, vir al die omgee en liefde en sorg wat ons elke dag in oorvloed ontvang (ja, kyk maar mooi – vir elkeen van ons!) Ons begin […]

Hartklop 18 Okt 2015

by Site Admin

Liewe Ligweerkaatsers, is dit nie wonderlik hoe God enige situasie kan gebruik om Sy koninkryk uit te brei en mense weer oor die Goeie Nuus te laat praat nie? So is ons belewing ook nou waar die NG Kerk staan vandag. Een van ons wyses noem dit “stroomversnellings” en ons sien uit daarna om weer […]

Hartklop 11 Oktober 2015

by Site Admin

Liewe Ligweerkaatsers, die son skyn en die somer is amper hier! Ek is seker u elkeen voel net so opgewonde en vol energie met al die pragtige blomme en mooi natuur rondom ons – geniet dit! Sondag gesels Clifford met ons oor ‘n getuigskrif. Een wat baie spesiaal geskryf is vir jou en my. Kyk […]

Hartklop 27 September 2015

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, Die afgelope Week van Gebed asook die Gebedsmars Donderdag was ‘n wonderlik geseënde ervaring en ons wil graag vir God al die eer gee. Die mars was ‘n getuienis van die eenheid tussen christene van verskillende gemeentes en almal se liggies het baie helder geskyn! Hierdie Sondag gesels Michiel met ons oor Magteloos […]

Hartklop 20st Sept 2015

by Site Admin

Liewe Ligdraers, wanneer ons van kinders praat, weet ons dat dit almal van ons se harte diep raak. Ons wil graag vir hulle die beste gee in hierdie lewe. Sondag gaan Dr David Harrison ons help en leer hoe om nog beter by dit uit te kom. Ons nooi u ook om na die diens […]

Hartklop 13 September 2015

by Site Admin

Liewe Ligdraers, hierdie Sondag nooi ons u almal persoonlik uit om saam as God se kinders om die nagmaalstafel in te skuif. Wat ‘n voorreg om as spesiale gaste aan te sit! Wilhelm nooi u ook om saam te kom reis saam met Paulus en die eerste kerke wat gestig is. U is almal baie […]

Hartklop 6 September 2015

by Site Admin

Liewe Ligdraers, Die blomme is hier en ek is seker u almal begin sommer so ‘n ekstra hop in jou stap te kry oor die nuwe seisoen.  Hoe geseënd is ons om die natuur en sonskyn en nuwe lewe so intens hier in Hermanus te beleef! Hierdie Sondag nooi Clifford u almal uit om saam […]

Hartklop 30 Augustus 2015

by Site Admin

Liewe Ligweerkaatsers, LIG is darem maar ‘n wonder. Dit bring lewe, warmte, verdryf vrees, maak helder, bring na vore en lok mense nader. Ek is seker u sal saamstem dit is beslis wat God se LIG vir elkeen van ons doen. Ons taak natuurlik: Om daardie wonder-lig te weerkaats na almal rondom ons. Sondag nooi […]