Posts deur Site Admin

110 of 208 items

Hartklop 24 Feb 2019

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, ons het hierdie hele maand al saamgesels oor waterdruppels, strome wat vloei, ons bedieninge en die verskil wat Onrusgemeente reeds doen in ons gemeente en gemeenskap. Dit was voorwaar ‘n Godstorie-reis! Ons wil vandag graag aan die BRON van hierdie stroom water al die eer gee vir die LEWENDE WATER. Dankie HERE! Sondagoggend […]

Hartklop 17 Feb 2019

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, water is darem maar kosbaar en wanneer die son so warm brand sien ons hoe ons waterbakke en fonteine hier by die kerk al hoe leër raak soos dit verdamp. Dit laat my net weer besef dat water nie altyd bly waar dit is nie – dit moet opgevul word. In die gewone […]

Hartklop 10 Feb 2019

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, my hart loop oor van dankbaarheid en verwondering!! Toe ons besluit het om hierdie maand te fokus op Godstories en Geleenthede, het ek gedink ons sal seker ‘n hele paar goed kan insit – Onrusgemeente woel mos. Maar ek sit hier vanoggend totaal oorweldig deur die wonder van God en hoe HY deur […]

Hartklop 3 Feb 2019

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, verlede Sondag het ons gepraat oor water, gekyk na water en selfs ons vingerpunte in waterbakke gedruk! Wat ‘n ondervinding om deel te kon wees van hierdie stroom van LEWENDE water. Hierdie Sondagoggend gaan ons verder oor water praat, maar met die besef dat saam met elke druppel die emmer vol. Onrusgemeente se […]

Hartklop 27 Januarie 2019

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, ons borrel behoorlik van opgewondenheid oor ons gemeente se jaartema: STROME VAN SEEN. Ons sien uit daarna om hierdie tema te beleef en gaan uitleef in 2019! Hierdie Sondagoggend gesels ons saam oor ‘n teks wat baie na aan ons harte le – Eseg 47:1-12. Daar lees ons van ‘n stroom water wat […]

Hartklop 20 Januarie 2019

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, ek hoop u almal is net so opgewonde soos ek oor die Hartklop wat weer in druk is. Ek hoop u gaan ons eerste weergawe terdee geniet!! Hierdie Sondagoggend nooi Wilhelm u almal uit om saam te kom gesels oor verskietende sterre (en ‘n vallende meteor!). Die van u wat Woensdagaand beleef het […]

Hartklop 18 Nov 2018

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, altyd so na die einde van die jaar se koers, hoor ons gereeld die vrae: Waar het die jaar heen gegaan? Waar het die tyd heen gegaan? Dit laat my toe dink aan ‘n video wat ek onlangs gesien het oor tyd. Ons is so vinnig om te se dat ons nie tyd […]

Hartklop 11 November 2018

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, soms word ons as mense so teleurgestel deur mense. En dan kom die vraag op – kan jy enigiemand vertrou? Wilhelm nooi u almal om hierdie Sondagoggend saam te kom gesels oor hierdie vraag. Hy het vir ons ‘n wonderlike antwoord uit die Woord – welkom! Sondagaand nooi ons u almal (tieners en […]

Hartklop 28 Okt 2018

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, ons eindig ons Feesmaand met twee wonderlike geleenthede hierdie Sondagoggend. Eerstens het ons die voorreg om ons dankbaarheid, hertoewyding en oorgawe uit te leef met die 10de Maand Dankoffers wat ons vir Vader bring. Dan het ons ook die vreugdevolle kans om by verskeie groepe aan te sluit direk na die diens met […]

Hartklop 14 Okt 2018

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, Oktobermaand is Feesmaand by Onrusgemeente en hierdie Sondagoggend gaan ons GROOT! Daar is ‘n baie spesiale verjaarsdag en ons nooi u almal om dit saam met ons te kom vier. Wilhelm nooi u ook elkeen persoonlik uit om saam te kom gesels oor ‘n Dinosourus kerk wat lekker basaars hou! En om dit […]