Hartklop

1120 of 191 items

Weeklikse Hartklop

Hartklop 5 Aug 2018

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, hierdie foto van ‘n boom vol hande, is so ‘n goeie beeld van hoe Onrusgemeente werk. Ons is beslis nie net ‘n paar mense wat hier werk en die gemeente instandhou nie. Daar is soveel mense wat so ‘n groot verskil maak – hier, by die werk, by hul huis, in ons gemeenskap, […]

Hartklop 29 Julie 2018

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, eerstens wil ons al die eer en lof en dank gee aan die Here God vir die kalmte wat tans heers in ons dorp. Dankie dat mense weer kon gaan werk, dankie vir ons munisipaliteit vir dienste en vir ons polisie vir die oppas en wetgewing. Ons hou aan bid vir vrede, gesprek […]

Hartklop 22 Julie 2018

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, met alles wat gebeur het in ons gemeenskap die afgelope ruk, weet ek verseker dat ons almal soek na tekens van HOOP en LIG. Ek wil daarom graag die wonderlike nuus vir u meedeel dat daar nog BAIE daarvan is. Ons Hartklop het hierdie week ontplof met Godstories, goeie nuus, getuienisse en geleenthede. […]

Hartklop 15 Julie 2018

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, daar is ‘n ou spreekwoord: Alle goeie dinge kom ook tot ‘n einde. Ek vermoed daar is ‘n paar trane en tog ‘n paar opgewonde glimlaggies oor die wintervakansie wat na die einde se kant toe begin staan. Mag julle almal die laaste rus-naweek geniet! Ons Hartklop het so bietjie ‘n face-lift gekry […]

Hartklop 8 Julie 2018

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, hierdie week was die gesprek oor die weer beslis op die voorgrond. Dis sneeu, reen, wind, damme wat water kry, riviere wat oorstroom – wat ‘n groot seen! Ons dank die Here God vir elke druppel water, elke haelkorrel en elke sneeuvlokkie wat geval het. Dankie Vader, U voorsien! Sondagoggend nooi Clifford u […]

Hartklop 1 Julie 2018

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, ons hoop al die kinders, studente en onderwysers hou heerlike vakansie. So ook almal wat saam vakansie geneem het met hul kinders. Mag u elkeen snoesig warm saamkuier, uitrus en ‘n tyd van herlaai geniet. Sondagoggend nooi Wilhelm u uit om saam te kom gesels oor die wintertyd van geloof. Ons gesels saam […]

Hartklop 17 Junie 2018

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, gereeld verstom Onrusgemeente my. Mens sou dink met die vakansie om die draai, dis winter en koud, dat dinge rustiger sal raak by die kerk. Maar nie hier nie!!! Ek moes weer ‘n 8-bladsye Hartklop doen om al die goeie nuus en geleenthede in te pas! Wat ‘n wonderlike en groot seen – […]

Hartklop 10 Junie 2018

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, winde wat waai bring altyd ‘n roering in ons harte. Daar is ook ‘n groot verskeidenheid van winde. Daar is winde vol rook, daar is winde vol van die reuk van jasmyn en rose, daar is winde van skoon seelug en natuurlik, winde van verandering. Ons bid saam met u almal dat hier […]

Hartklop 3 Junie 2018

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, ek staan vanoggend en kyk hoe ‘n vetplant, wat net in klippe staan, die mooiste blom uitskiet. Sommer so helderrooi en vrolik. Die winde waai, dis koud en reen, maar hy BLOM! Ek het my vermoedens dat dit presies is wat Vader van ons vra in stormtye, koue tye, alleen tye – Hy […]

Hartklop 27 Mei 2018

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, die winter is beslis nou hier en ons juig oor elke druppel reen wat val. Die koel weer laat my altyd warm baadjies, warm kaggelvuur en warm sop sien. Ons bid vir alle mense wat nie dit het nie. Here God, maak ons oe oop om raak te sien waar ons kan help […]