Gemeentenuus

110 of 203 items

Hartklop 20 Januarie 2019

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, ek hoop u almal is net so opgewonde soos ek oor die Hartklop wat weer in druk is. Ek hoop u gaan ons eerste weergawe terdee geniet!! Hierdie Sondagoggend nooi Wilhelm u almal uit om saam te kom gesels oor verskietende sterre (en ‘n vallende meteor!). Die van u wat Woensdagaand beleef het […]

Hartklop 18 Nov 2018

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, altyd so na die einde van die jaar se koers, hoor ons gereeld die vrae: Waar het die jaar heen gegaan? Waar het die tyd heen gegaan? Dit laat my toe dink aan ‘n video wat ek onlangs gesien het oor tyd. Ons is so vinnig om te se dat ons nie tyd […]

Hartklop 11 November 2018

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, soms word ons as mense so teleurgestel deur mense. En dan kom die vraag op – kan jy enigiemand vertrou? Wilhelm nooi u almal om hierdie Sondagoggend saam te kom gesels oor hierdie vraag. Hy het vir ons ‘n wonderlike antwoord uit die Woord – welkom! Sondagaand nooi ons u almal (tieners en […]

Hartklop 28 Okt 2018

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, ons eindig ons Feesmaand met twee wonderlike geleenthede hierdie Sondagoggend. Eerstens het ons die voorreg om ons dankbaarheid, hertoewyding en oorgawe uit te leef met die 10de Maand Dankoffers wat ons vir Vader bring. Dan het ons ook die vreugdevolle kans om by verskeie groepe aan te sluit direk na die diens met […]

Hartklop 14 Okt 2018

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, Oktobermaand is Feesmaand by Onrusgemeente en hierdie Sondagoggend gaan ons GROOT! Daar is ‘n baie spesiale verjaarsdag en ons nooi u almal om dit saam met ons te kom vier. Wilhelm nooi u ook elkeen persoonlik uit om saam te kom gesels oor ‘n Dinosourus kerk wat lekker basaars hou! En om dit […]

Hartklop 7 Okt 2018

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, ek vertrou u almal geniet die sonskyn en somergevoel net soveel soos ons. Mag dit vir ons elkeen daaraan herinner dat daar altyd weer LIG skyn en WARMTE kom na die donker en koue. Dankie Here! Hierdie Sondagoggend nooi Teacher Clifford u almal uit om saam te kom gesels oor die vraag of […]

Hartklop 30 September 2018

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, dis lente, oral sien ons net blomme in die veld, in ons tuine, op die sypaadjies – te pragtig! Ons hoop julle geniet God se skepping net soveel soos ons. Sondagoggend raak ons bietjie stil saam met Wilhelm. Ons luister na die fluister in die windstilte, luister of ons God kan hoor. Kom […]

Hartklop 23 Sep 2018

by Site Admin

Liewe vriende, na verlede Sondag se bederf saam met die manne-oggend, sing ons harte al die hele week! Ons hoop u was almal net so bemoedig soos ons. Sondagoggend nooi ds Anton u almal weer spesiaal uit. Hierdie keer gesels ons saam oor ‘n lewe in oorvloed! Is dit nog moontlik vandag met alles wat […]

Hartklop 16 September 2018

by Site Admin

Liewe vriende, ons harte loop oor van opgewondenheid oor hierdie Sondagoggend se Erediens om 09h00. Ons hou ‘n baie groot en spesiale manne-oggend. Al die manne bedien van die deure af, die sang, die preek, klank en rekenaar en selfs die tee na die tyd! Die manne gaan Godstories deel en daar is ook ‘n […]

Hartklop 9 Sept 2018

by Site Admin

Liewe LIGweerkaatsers, daar is ‘n baie goeie woord in Afrikaans – NOGTANS! As jy werklik ‘n studie van die woord maak, sal mens agterkom dat hierdie woord baie gee, maar ook baie vra. Dit is presies wat Habakuk ontdek het. Sondagoggend nooi Wilhelm u almal vriendelik uit om saam te kom gesels oor die woordjie, […]