Liewe LIGweerkaatsers, ons is tans besig met die Lydensweke en om in hierdie tyd in Jesus se voetspore te stap na die kruis. Verlede Woensdag het ons Aswoensdag gevier met palmtak-as op die voorkop. Mag hierdie reis vir u elkeen kosbaar en besonders wees.

Sondagoggend gesels ons saam met Michiel oor ons eerste tema van die kleingroepe 6 weke reeks: Van vrees na vrede. Ons almal besef dat daar soveel vrees kan wees agv wat tans in Suid-Afrika gebeur, dalk wat by ons eie huise gebeur of selfs in ons eie harte. Maar ons moedig u almal aan om Sondagoggend te kom en die goeie boodskap te ontvang: Daar is HOOP!! U is baie welkom.

Sondagaand word die hele gemeente genooi na ons Jeug se Praise & Worshipaand. Kom sing saam, kom juis saam, want ons stap die pad na kruis saam met Jesus, maar ons kan nou reeds juig oor die oorwinning wat reeds behaal is. Welkom!!

Mag u elkeen hierdie komende naweek en week tyd maak vir die wonder van oop en vrye toegang tot God die Vader. Wat ‘n voorreg!

Sien julle Sondag!

Kliek hier om die Hartklop af te laai (2Mb)