Liewe LIGweerkaatsers, soms word ons as mense so teleurgestel deur mense. En dan kom die vraag op – kan jy enigiemand vertrou? Wilhelm nooi u almal om hierdie Sondagoggend saam te kom gesels oor hierdie vraag. Hy het vir ons ‘n wonderlike antwoord uit die Woord – welkom!

Sondagaand nooi ons u almal (tieners en verseker alle volwassenes ook!!) na ‘n baie spesiale byeenkoms – ‘n Aand van Ontmoeting!
Gemeente, ons nooi u almal hartlik uit om vanaand se tabernakel ervaring met ons te kom deel. Ons wil u graag by verskillende stasies in die sysaal (opgemaak as tabernakel) bedien en u die geleentheid bied om u geestelike batterye te herlaai. Ervaring en interaksie kan verwag word en daarom moedig ons U aan om met ‘n ontvanklike hart hierdie geleentheid te oorweeg. Moet dit NIE mis loop nie!!

Mag u elkeen hierdie komende naweek en week die kosbare teenwoordigheid van ons Vader ervaar, beleef en gaan leef!

Sien julle Sondag!

Kliek hier om die Hartklop af te laai (1.6Mb)