Liewe LIGweerkaatsers, Oktobermaand is Feesmaand by Onrusgemeente en hierdie Sondagoggend gaan ons GROOT! Daar is ‘n baie spesiale verjaarsdag en ons nooi u almal om dit saam met ons te kom vier.

Wilhelm nooi u ook elkeen persoonlik uit om saam te kom gesels oor ‘n Dinosourus kerk wat lekker basaars hou! En om dit net nog meer spesiaal te maak, ontvang u elkeen ‘n baie spesiale geskenk aan die einde van die diens!!

Dus, indien u nog gewonder het of u dalk moet kerk toe kom of nie, dan hoop ons hierdie uitnodiging maak dit vir u duidelik – Sondagoggend kan u beslis nie misloop nie, want dan mis u uit!

Mag u elkeen hierdie komende naweek en week die vreugde van feesvier geniet, beleef en saam met ons kom leef.

Sien julle Sondag!

Kliek hier om die Hartklop af te laai (2Mb)