Liewe vriende, ons harte loop oor van opgewondenheid oor hierdie Sondagoggend se Erediens om 09h00. Ons hou ‘n baie groot en spesiale manne-oggend. Al die manne bedien van die deure af, die sang, die preek, klank en rekenaar en selfs die tee na die tyd! Die manne gaan Godstories deel en daar is ook ‘n hele paar wonderlike verrassings.

​Hierdie is nou een oggend wat u nie kan misloop nie. Bring asb u vriende, familie, bure en kom vier saam met ons man van God wees. Ons nooi u ook almal uit na die nagmaalstafel – Jesus het die plek reeds gereed gemaak vir u – welkom!

En onthou asb . . . alle vroue, kinders, oumas is ook BAIE welkom!

Kom vroeg! Ons sing al vanaf 08h40.

Sien julle Sondag!

Kliek hier om die Hartklop af te laai (2MB)