Liewe LIGweerkaatsers, altyd so na die einde van die jaar se koers, hoor ons gereeld die vrae: Waar het die jaar heen gegaan? Waar het die tyd heen gegaan? Dit laat my toe dink aan ‘n video wat ek onlangs gesien het oor tyd. Ons is so vinnig om te se dat ons nie tyd het vir enigiets nie, alles gaan te vinnig, ek het nie tyd vir stilword of gebed of bybelstudie nie. Ek wens ek kan net bietjie rustig raak! Maar hierdie video het dit duidelik gemaak dat wanneer ons ons prioriteite regkry en tyd maak vir die belangrike dinge eerste (God, ons familie) – dan is dit verbasend hoe baie tyd ons oor het om aandag te gee aan werk, finansies, vriende. Mag ons almal moeite maak veral na die einde van die jaar om perspektief te kry oor tyd – dit is verseker wat jy maak daarvan.

Sondagoggend is ons baie opgewond e om weer vir Michiel terug te verwelkom op die kansel. Hy kom deel sy Godstorie, sy wandeling met God die afgelope maande. En glo my, hierdie is ‘n verhaal wat u nie wil misloop nie, want dit het beslis vir ons elkeen ‘n boodskap. Welkom!

Mag u elkeen hierdie komende naweek en week verbaas wees oor die hoeveelheid tyd beskikbaar wanneer ons fokus op dit wat waarlik belangrik is ons lewens.

Sien julle Sondag!

Kliek hier om die Hartklop af te laai (2Mb)