Liewe vriende, na verlede Sondag se bederf saam met die manne-oggend, sing ons harte al die hele week! Ons hoop u was almal net so bemoedig soos ons.

Sondagoggend nooi ds Anton u almal weer spesiaal uit. Hierdie keer gesels ons saam oor ‘n lewe in oorvloed! Is dit nog moontlik vandag met alles wat rondom ons gebeur? Die nuwe wereld waarin ons beweeg? Hoe kan ons so ‘n lewe bekom? Wat kan ek doen? Of dalk nie doen nie? Kom gesels gerus saam.

Mag u elkeen hierdie komende langnaweek en week tyd maak om waarlik met oop oe om u te kyk en werklik raak te sien – dit wat God vir ons skenk in SY oorvloed. Here, maak ons ontvanklik vir U woord en boodskap.

Sien julle Sondag!

Kliek hier om die Hartklop af te laai (2Mb)