Liewe LIGweerkaatsers, ons het hierdie hele maand al saamgesels oor waterdruppels, strome wat vloei, ons bedieninge en die verskil wat Onrusgemeente reeds doen in ons gemeente en gemeenskap. Dit was voorwaar ‘n Godstorie-reis! Ons wil vandag graag aan die BRON van hierdie stroom water al die eer gee vir die LEWENDE WATER. Dankie HERE!

Sondagoggend nooi Wilhelm u almal hartlik uit om oor die emmer te gesels waarin ons druppels val. Dis ‘n emmer wat of leeg is as daar nie genoeg druppels inval nie, of dis ‘n emmer wat oorloop en oral rondom hom natmaak, verskil maak, lewe bring. Kom gesels gerus saam.

Sondagaand is Anton weer aan die woord by die Teentrixdiens en onthou, hierdie is ‘n ope uitnodiging aan u almal. As u nog nie ‘n aanddiens beleef het nie, nou is u kans!

Mag u elkeen hierdie komende naweek en week die wonder van water en die LEWE wat dit bring, net weer vooraf besef en ons Vader God daarvoor dank.

Sien julle Sondag!

Kliek hier om die Hartklop af te laai (2.2Mb)