Liewe LIGweerkaatsers, ek deel graag ‘n kosbare boodskap vanaf ds Michiel wat vir u ‘n voorsmakie gaan gee van Sondagoggend se preek:

Wat ‘n voorreg en vreugde om te weet dat God in Jesus Christus dit moontlik gemaak het dat ons volkome seker kan weet dat ons kind van God is. Vir my is dit die grootste vreugde in my bediening om iemand te mag begelei om sy of haar hart vir Jesus Christus oop te maak en dan te ontdek: Jesus het my onvoorwaardelik lief en HY het my lank reeds volkome Verlos en bevry. In Hom is ek ‘n nuwe mens, ‘n nuwe skepping! Ek is Koningskind, ek het ‘n nuwe identieit wat onvernietigbaar vas staan. Ek kan die wêreld in die oë kyk, ek is baie meer as goed genoeg, want ek behoort aan die Lewende God.
Daarom is ek ‘n draer van Hoop en is ek deel van God se goeie nuus vir Suid – Afrika en Hermanus, en het ek ‘n doel en roeping om voor te leef. God se roeping. Sy Gees sal my wys hoe om dit daagliks te doen. God seën U. Michiel

U kan sien hierdie is ‘n preek wat nie een van ons wil misloop nie. Hoop om julle almal daar te sien sodat ons as familie kan bemoedig, inspireer en toegerus word om waarlik ‘n verskil te maak.

Mag u elkeen daarin geseen word.

Sien julle Sondag!

Kliek hier om die Hartklop af te laai (2Mb)