Liewe LIGweerkaatsers, ons borrel behoorlik van opgewondenheid oor ons gemeente se jaartema: STROME VAN SEEN. Ons sien uit daarna om hierdie tema te beleef en gaan uitleef in 2019!

Hierdie Sondagoggend gesels ons saam oor ‘n teks wat baie na aan ons harte le – Eseg 47:1-12. Daar lees ons van ‘n stroom water wat van Vader God self kom, ons lees van bome, van vissers, van blare wat genesing bring.

Ons nooi u almal hartlik uit om saam met ons te kom aansit by hierdie stroom van LEWE. Ons gaan ook saamgesels oor hierdie stroom wat getuig oor die tekens van brood, wyn en doopwater.

Daar wag ook ‘n hele paar wonderlike en baie spesiale verrassings vir u almal en ons nooi u om dan ook die tekens van nagmaal saam met ons te gebruik.

KOM!!! Bring u vriende, familie en bure e n kom sit saam met ons in die skadu van bome langs die rivier van LEWE!

PS. Onthou ook die Teentrix Jeugaanddiens om 18h00 – u is almal hartlik welkom!

Sien julle Sondag!!

Kliek hier om die