Liewe LIGweerkaatsers, ons eindig ons Feesmaand met twee wonderlike geleenthede hierdie Sondagoggend. Eerstens het ons die voorreg om ons dankbaarheid, hertoewyding en oorgawe uit te leef met die 10de Maand Dankoffers wat ons vir Vader bring. Dan het ons ook die vreugdevolle kans om by verskeie groepe aan te sluit direk na die diens met die Lewensvreugdefees!! Sjoe, wat ‘n Sondag!

Daarom nooi ons u almal uit om julle feesklere, stapklere, drafklere, motorfietsklere, piekniekklere en partytjieklere aan te trek hierdie Sondag en kom vier die lewe saam met ons met dankbaarheid. Dankbaarheid ja, vir Vader God se hand van sorg hierdie jaar. Dankbaarheid vir Jesus se voetspore wat ons elke tree kon volg en dankbaarheid vir die Heilige Gees wat ons inspireer, bemoedig en bemagtig.

Sondagaand nooi ds Anton alle tieners, ouers en jongmense (en natuurlik al die res ook!) uit na ‘n opelug diens by Onrusstrand om 18h00. Almal kom eers by die parkeerarea bo by Onrusstrand bymekaar. Bring gerus ‘n stoel of kombers saam en kom geniet die aand saam met ons.

Mag u elkeen hierdie komende naweek en week die wonder van vreugde voel uitborrel en oorspoel na die mense rondom u.

Sien julle Sondag!

Kliek hier om die Hartklop af te laai (2Mb)