Liewe LIGweerkaatsers, dis lente, oral sien ons net blomme in die veld, in ons tuine, op die sypaadjies – te pragtig! Ons hoop julle geniet God se skepping net soveel soos ons.

Sondagoggend raak ons bietjie stil saam met Wilhelm. Ons luister na die fluister in die windstilte, luister of ons God kan hoor. Kom luister gerus saam met ons.

Ons bid alle skoolkinders, onderwysers, vakansiegangers ‘n wonderlike naweek en rustyd toe. Mag ons almal saam in verwondering wees in hierdie tyd oor die Skepper God.

Sien julle Sondag!

Kliek hier om die Hartklop af te laai (2Mb)