Liewe LIGweerkaatsers, ek vertrou u almal geniet die sonskyn en somergevoel net soveel soos ons. Mag dit vir ons elkeen daaraan herinner dat daar altyd weer LIG skyn en WARMTE kom na die donker en koue. Dankie Here!

Hierdie Sondagoggend nooi Teacher Clifford u almal uit om saam te kom gesels oor die vraag of God verander. Ons lees wat in die Woord staan, ons sien dit gebeur, maar glo ons dit werklik? Beleef u ons Abba Vader as onderveranderlik of juis dat Hy verander soos die tye aanstap? Kom ons luister saam wat is Clifford se gevolgtrekking.

Mag u elkeen hierdie komende naweek en week tyd maak om ‘n oomblik stil te sit in die son, stil te raak en waarlik te voel hoe die hitte jou lyf binnedring. Mag dit u almal herinner aan ons God se warm hart wat klop vir jou.

Sien julle Sondag!

Kliek hier om die Hartklop af te laai (2Mb)