Liewe LIGweerkaatsers, daar is ‘n baie goeie woord in Afrikaans – NOGTANS! As jy werklik ‘n studie van die woord maak, sal mens agterkom dat hierdie woord baie gee, maar ook baie vra. Dit is presies wat Habakuk ontdek het.

Sondagoggend nooi Wilhelm u almal vriendelik uit om saam te kom gesels oor die woordjie, nogtans. Ons kyk na die wereld rondom ons en sien hoe slegte dinge gebeur met goeie mense. Is dit werklik wat Vader God vir ons bedoel het hier op aarde? Bedoel het vir my? Kom gesels gerus saam.

Onthou ook heerlik Praise & Worship Sondagaand om 18h00 en Anton gesels oor “Fake” vriende – hoe hanteer ons dit? U is almal welkom.

Mag u elkeen hierdie komende naweek en week stil word met die woordjie NOGTANS, en hoor wat Vader vir u elkeen wil se daarmee.

Sien julle Sondag!

Kliek hier om die Hartklop af te laai (2Mb)